Modulekode | KRM 890 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Onderwerp wat deur die leerder gekies is, moet onafhanklik nagevors word. Die aard van die studie moet oortuig dat die leerder oor die vermoë beskik om 'n navorsingsprobleem te identifiseer en na te vors. Omvattende verslag (100–150 bladsye) moet oor die goedgekeurde projek opgestel word. Ander vereistes: Gespesialiseerde kennis van Kriminologie as 'n dissipline, die analise, transformasie en evaluering van abstrakte data en konsepte. Die student moet in staat wees om toepaslike response te genereer ten einde kontekstueel-abstrakte probleme op te los. Onafhanklike beplanning, hulpbronbenutting en bestuur van die navorsing binne die parameters en funksies van die voorgestelde onderwerp van studie word verwag. Benutting van rekenaarprogramme vir analise en/of verslagskrywing word vereis. |
Modulekrediete | 180.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Maatskaplike Werk en Krim |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App